top of page

Ons Here Jesus het ernstig gewaarsku teen valse leer. Hier is ‘n paar van sy waarskuwings:

Matt 7:15   “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.”

Matt 24:11      “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.”

24:24          “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”

Mar 13:22 “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”

Die Apostel Paulus gee ook soortgelyke waarskuwings:

2Kor 11:13 “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.”

Gal 2:4        “en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring;”

2Thes 2:11 “En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,”

Die Apostels Petrus en Johannes gee ook soortgelyke waarskuwings:

2Pet 2:1      “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;”

2:3              “en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.”

1Joh 4:1      “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.”

Soos ons deur hierdie studie werk, sal ons sien hoe gereeld die vyand misleiding gebruik om YHWH se ewige reddingsplan en herstel van sy wonderlike skepping, asook die volk wat Hy uitverkies het om sy boodskapper van daardie herstel te wees, te vernietig. Mag die Here ons oë oopmaak om WAARHEID te sien en te verstaan, en deur dit te verstaan, om met selfversekering op daardie pragtige smal pad te wandel, ons oë vas op Jesus gerig, die Leidsman en Voleinder van ons geloof.

Mag WAARHEID uiteindelik seëvier.

eboek - Boek 6 - KONINKRYKE IN KONFLIK - 'n Rooi draad deur geskiedenis

R110.00Price
bottom of page