top of page

Die leer van Jesus het my geweldig uitgedaag terwyl ek en my vrou in ‘n land (Zimbabwe) gewoon het waar korrupsie aan die orde van die dag was, en waar ons voortdurend met gevaarlike situasies gekonfronteer is, situasies wat ons lewens en lewensonderhoud bedreig het. As man en pa vir my gesin het ek ‘n groot verantwoordelikheid voor God gehad om my gesin te lei en goeie besluite te neem. Ons is geweldadig in ons huis aangerand en ons besittings is gesteel. Ons besigheid en boerdery is met opset deur polities-gedrewe mense gesaboteer en my lewe is verskeie maal bedreig. Die lewe was uitsonderlik moeilik.

 Ek het tot God uitgeroep om my deur Sy Gees te lei om die beste besluite te neem. Hierdie boek is ‘n bespreking van hoe die Heilige Gees my geleer en gelei het. Ek het begin verstaan dat die woestyn nie ‘n plek is waarvan ‘n mens moet vlug nie, maar dat dit eerder ‘n plek is wat jy vir persoonlike geestelike groei moet koester en gebruik. Dit is in die woestyn waar mens verhouding met die Heilige Gees tot lieflike intimiteit groei – as ‘n mens dit toelaat. Dit is hoe ons op so ‘n woestyn ervaring reageer wat die verskil maak. Koester ons dit, of vlug ons daarvan? Ek het besluit om dit te koester en in nederigheid die Heilige Gees toe te laat om in my lewe te heers.

gedruk - KOESTER DIE WOESTYN

R240.00Price
  • Pak van 1 boek (0,38Kg) = R240 + R100 vervoer = R340/bk

    Pak van 2 boeke (0,76Kg) = R480 + R100 vervoer = R590 (R295/bk)

    Pak van 5 boeke (1,9kg) = R1280  (R256 per boek)

    Pak van 10 boeke (3,75kg) = R2300 (R230 per boek) 

    Pak van 20 boeke (7,5kg) = R4500 (R225 per boek)

    Pak van 30 boeke (12kg) =  R6600 (R220 per boek) 

bottom of page