TUIS ONDERRIG 

DRUK OP DIE ONDERSTAANDE SKAKELS

2014-09-19_115831.jpg

GEBRUIK ONDERSTAANDE PYLTJIES OM VOLLE ARTIKEL TE SIEN 

 
 

DIE UNIVERSITEIT VAN DIE LEWE

Ek het pas ‘n roerende gradeplegtigheid in November 2002 bygewoon waar ‘n aantal onderwysers hul graad verwerf het. Goed-opgeleide Christelike onderwysers sou nou die land ingestuur word om aan kinders se lewens die lig van Jesus te bring.

Dit was ‘n belewenis om jong mense op die verhoog te sien staan en sing, “Ek hoor u roepstem, Here, en ek sal gaan ... ek sal die prys betaal, Here, ongeag hoe groot ...” en, “Here, wanneer U vra, ‘Wie sal my kinders lei,’ sal my antwoord wees, ‘Hier is ek, Here, stuur my."

OM UIT N DIEP GAT TE KLIM

... Die put was alreeds sowat 14 meter diep en daar was vastrapplekke hier en daar uit die skag gekap sodat 'n mens op of af kon klim. Ek klim toe na onder om die grou van die put te inspekteer. Ek was alreeds moeg ná ‘n lang dag se werk, en teen die tyd dat ek die bodem bereik het, was ek nogal uitgeput.

Terwyl ek daar onder in die diep, donker gat staan, het die terugklim boontoe skielik skrikwekkend gelyk...

SMAAK EN SIEN DAT DIE HERE GOED IS

Terwyl ek gisteraand oor die mannekamp nadink en veral oor Sondag oggend se bediening van die Skrif, “Smaak en sien dat die Here goed is ...” (Psalm 34:9), herinner die Here my aan ‘n woord wat Hy my ongeveer 30 jaar gelede gegee het. Sedertdien het hierdie woord ‘n merkwaardige koninkryksingesteldheid vir my geword.

WANNEER EK SWAK IS

Swakheid is nie juis die gewildste of mees gesogte eienskap nie en swakkelinge word gewoonlik bespot of op neergesien. Die lelike of nietige mense word nie in advertensies gebruik nie – wat beteken dat slegs ‘n klein minderheid die groot skerms haal. Die groter meerderheid van ons is net gemiddeld – vanuit die wêreld se oogpunt natuurlik.