top of page

GELOOF & GETUIENISSE

DRUK OP DIE ONDERSTAANDE SKAKELS

2014-09-19_115831.jpg

GEBRUIK ONDERSTAANDE PYLTJIES OM VOLLE ARTIKEL TE SIEN 

Artikels / Articles
Bybelstudie / Bible Study

SOUT VAN DIE AARDE

Ons lees dat Jesus ons die opdrag gee om die sout van die aarde te wees (Matthéüs 5:13). Wat is dit diep binne ‘n mens wat jou positief hou terwyl alles om jou inmekaar stort?

SOOS GOUD

‘n Paar dae gelede het ‘n vriend van my die volgende Skrif ter bemoediging met my gedeel: Job 23:8-10 “KYK, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie. As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.”

OM UIT DIE DIEP GAT TE KLIM

Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n put naby ons huis gegrawe en toe ek die middag na werk by die huis kom besluit ek om met die put af onder toe te klim om die bodem te inspekteer waar die werkers die hele dag gewerskaf het.

'N BOESMANLANDER SE DROOGTE - DIE VERHAAL

In  die  afloop  van  2005  lui  Johnnie  se huweliksaansoek soos  volg  aan  my: “Liefie  dis  droogte,  ek  weet  nie hoe lank  dit  gaan  aanhou  nie,  maar...sal  jy  met  my trou?” En so  begin  ons  sprokie Johnnie  wat  droogte  en die gevolge  daarvan  ken  en  vrees,  en  ek  wat  dink  dat die Boesmanland  net  geloof  kort.

MEER ARTIKELS VOLG

Dankie vir julle ondersteuning. deel die artikels en Bybelstudies vrylik met jul vriende

GELOOF EN HOOP

Hoop is aan ‘n belofte geanker. Jy hoop nie op iets wat jy alreeds het nie; jy hoop op iets waarvoor jy ‘n belofte vir die toekoms het. Ons kry die beloftes vanuit die Woord van God, en dit is wat ons hoop gee - daardie beloftes. En dit is op daardie hoop wat ons geloof geanker is.

DIE MERKWAARDIGE SKAKEL TUSSEN GELOOF EN SWAKHEID

Die oorspronklike artikel is geskryf een maand ná die verpligte besetting van ons plaas deur die Zimbabwiese regering. Ons is drie maande gegee om van die plaas af te wees; hierdie was dus ‘n maand in daardie tyd in geskryf. Ek het hierdie geskryf om mense te help verstaan watter diep geestelike stryd ‘n mens tydens so ‘n traumatiese tyd deurgaan. Ek vertrou dat hierdie ‘n bemoediging vir jou sal wees, waar jy ookal in jou persoonlike stryd mag wees.

WANNEER ALLES WEGGENEEM WORD, HET ONS NOG GELOOF

Een van die mees betekenisvolle stellings wat die evangelis, Gypsy Smith seker gemaak het (sover as dit tot my persoonlik gespreek het) was, “Wanneer God groot planne het, kry geloof altyd die kontrak.” Hierdie stelling het ‘n roering in my gees veroorsaak en ek was gedurende die afgelope paar dae voortdurend bewus van die waarheid van daardie woorde.

WANNEER EK SWAK IS

Swakheid is nie juis die gewildste of mees gesogte eienskap nie en swakkelinge word gewoonlik bespot of op neergesien. Die lelike of nietige mense word nie in advertensies gebruik nie – wat beteken dat slegs ‘n klein minderheid die groot skerms haal. Die groter meerderheid van ons is net gemiddeld – vanuit die wêreld se oogpunt natuurlik.

MAAR GOD

Hoe wonderlik is dit nie hoe God dinge vir ons kan omdraai nie. Die vorige artikel wat ek geskryf het, het ek ook vroeg een Sondag oggend geskryf, en die titel was “Nog ‘n blik op Habakkuk”. In daardie artikel het ek oor die verskriklike droogte gepraat wat ons deurgemaak het, en ons behoefte om in geloof te leef en God te vertrou om, ten spyte van die droogte, in ons daaglikse behoeftes te voorsien. Later daardie dag het ons 15mm reën uit die goeie hand van God ontvang

DIS ALLES IN DIE OË

In 2002 as ‘n bemoediging aan boere gedurende die Zimbabwiese plaasbesettings geskryf.

Mat 6:22 “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg (enkelgesind) is, sal jou hele liggaam verlig wees. 6:23 “Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

SMAAK EN SIEN DAT DIE HERE GOED IS

Terwyl ek gisteraand oor die mannekamp nadink en veral oor Sondag oggend se bediening van die Skrif, “Smaak en sien dat die Here goed is ...” (Psalm 34:9), herinner die Here my aan ‘n woord wat Hy my ongeveer 30 jaar gelede gegee het. Sedertdien het hierdie woord ‘n merkwaardige koninkryksingesteldheid vir my geword.

bottom of page