top of page

'N NUWE KONING REGEER

DRUK OP DIE ONDERSTAANDE SKAKELS
CLICK ON THE LINKS BELOW

2014-09-19_115831.jpg

GEBRUIK ONDERSTAANDE PYLTJIES OM VOLLE ARTIKEL TE SIEN  

Artikels / Articles
Bybelstudie / Bible Study

DIE VIERDE MAN

In Daniël Hoofstuk 3 lees ons dat Nebukadnésar drie mans in ‘n vuuroond wat sewe keer meer verhit is, gegooi het. Maar tot sy verbasing het hulle nie gesterf nie. In plaas daarvan het ‘n vierde Man verskyn en saam met hulle in die vuuroond rondgeloop. Wie was hierdie vierde Man wat sulke mag oor die vlamme uitgeoefen het,

DIE VADER SE EMOSIONELE REAKSIE OP DIE KRUISIGING

Terwyl ons die kruisiging van Christus nou bedink, het die Heilige Gees hierdie gedagte in my aangewakker: “Watter emosies het die Hemelse Vader beleef terwyl Hy die verskriklike lyding van sy geliefde Seun deur die wrede mense se hande as gevolg van my sonde – ons almal se sonde – aanskou het?” Kom ons stap deur die verhaal met die doel om die betrokke emosies te beskou.

DIE HART VAN DIE MENS - DEEL 1

“Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af.” (Matt 15:8) 

Die Here kyk na ons harte - nie ons godsdienstige ritueële nie.

DIE HART VAN DIE MENS - DEEL 2

“Die sonde van Juda is geskrywe met ‘n ystergriffel, met ‘n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare …" (Jer 17:1)

Is dit moontlik om daardie gravering van ons verlede skoon te vee? Is dit moontlik?

DIE HART VAN DIE MENS - DEEL 3

“Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.” (Matt 12:35)

Hoe lyk die SKAT van jou hart?

BETLEHEM EFRATA

“En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.” (Miga 5:1)

Waarom Betlehem Éfrata? Die klein dorpie is klein en onbelangrik, en tog het God ‘n keuse gemaak wat tot gevolg gehad het dat hierdie dorpie waarskynlik een van die mees beroemde dorpies in die wêreld is.

DEURDRONGE VAN DIE HEILIGE GEES

Joh 7:37-39 "As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink. Hy wat in My glo, soos die Skrif sê, strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.”

“Dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo ...”

WANNEER EK SWAK IS

“Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.” (2Kor 2:10)

DIE UNIVERSITEIT VAN DIE LEWE

“Dit is ‘n groot voorreg dat ‘n mens se fondasies daagliks beproef word.”

DIE NEDERIGHEID VAN GOD

Ons begin in die Ou Testament met ‘n ongewone Skrif begin, in Eségiël hoofstuk 15.

Eség 15:2 “Wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout – die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?

HOE KRY MENS JOU HUIS IN ORDE?

Te midde van die vele bladsye van die Skrif vind ons sekere kragtige stellings wat aandag trek en ‘n mens regop laat sit en diep laat dink. Hierdie stellings van waarheid is soos ligte wat rigting aanwys en vir ons die weg belig waarop ons in hierdie baie donker tye moet wandel. Die Skrif gee rigting aan individue, families en nasies. Herstel – om mens huis in orde te kry – moet egter altyd eerste by die individu  begin, en nie net enige individu nie. Dit begin met MY, met JOU.

SOOS GOUD

“KYK, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie. As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.” (Job 23:8-10)

BYBELSE BEGINSELS VAN BESIGHEID - HOOFSTUK 1

Hierdie is die eerste hoofstuk van hierdie boek oor hoe om besigheid te doen as Jesus in beheer is. Die volledige boek kan van hierdie webwerf bestel word onder die BOEKE gedeelte

DIE RIPPELENDE GETY VAN BITTERHEID

"My plaas is gevat!” Daardie sin is byna net so skrikwekkend soos die woord “kanker”. Op Dinsdag 24 April, 2012, terwyl ek kuilvoer gesny het, het vier luukse motors in my oprit opgejaag en ongeveer twintig fris swartmans, met ‘n donker wolk van woede en broeiende haat, het uitgespring. Hoe sou ek hierop reageer?

OUDIO

IN THE SECRET PLACE OF THE ALMIGHTY

Click to listen

bottom of page