top of page

Hoe belangrik is dit?

  • Die koninkryk van God word ongeveer ‘n honderd keer in die vier Evangelies genoem.
  • Dit was die onderwerp van die aankondiging van Jesus se geboorte (Lukas 1:32).
  • Dit was die tema van Jesus se prediking.
  • Dit is die eerste versoek in die Onse Vader-gebed (“u koninkryk kom”)
  • Dit is ‘n primêre opdrag van Jesus: “Soek allereers die koninkryk van God.”
  • Dit was die onderwerp van die 40 dae van post-opstanding lering van Jesus (Handelinge 1:3).
  • Dit was die onderwerp van die finale vraag wat Jesus se dissipels voor sy hemelvaart gevra het.
  • Dit was die onderwerp van die prediking van die apostels (Handelinge 28:31).

Die bogenoemde agt punte het almal betrekking tot die Nuwe Testament. Wat van die Ou Testament? Daar sien mens dat die koninkryk van God die kern-tema van die profete se boodskap was. Die koms van die Messias sou dit te weeg bring. Dit was ook die onderwerp van die meeste plegtige beloftes van God in die Bybel – beloftes wat Hy deur ‘n eed bevestig het. “... omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer.” (Hebreërs 6:13) Hierdie onderwerp is daarom van uiterste belang vir elke Christen. En tog is dit seker een van mees verwaarloosde en misverstane onderwerpe in die Bybel.

gedruk DIE KONINKRYK VAN GOD

R70.00Price
bottom of page