top of page

Die 16de Desember is ‘n spesiale dag vir die Afrikaner volk. Dit herdenk die dag wat hierdie nasie ‘n verbond met God gesluit het. Hul leier, Piet Retief, en sy metgeselle is in 1838 op ‘n verraderlike wyse deur Dingaan, die Zulu koning, vermoor. Voortrekker groepe is onmiddellik daarna aangeval en afgemaai. Die hele nasie het in gebed getree. ‘n Groep van ongeveer 460 vrywilligers het toe onder leiding van Andries Pretorius inbeweeg om Dingaan se leër van ver oor die 10,000 impi’s te konfronteer. Hierdie manne het voorlaaiers gehad, nie moderne gewere nie, en dit het teen hulle getel. Hulle was egter manne van God met ‘n diepe geloof, en weens die geweldige oormag wat teen hulle was, het hierdie klein groepie mense ‘n gelofte aan God afgelê dat as God vir hulle ‘n oorwinning in dié oorlog sou gee, hulle as Afrikaner volk vir God sou dien en vir Hom ‘n huis ter herinnering sou bou.

Hul volkome oorwinning by Bloed Rivier - sonder ‘n enkele verlies aan hulle kant - was een van die grootste wonderwerke in militêre geskiedenis.

Van toe af is hierdie dag jaarliks as ‘n Sabbatdag deur die Afrikaner volk ter herinnering gevier, maar nie sonder die bespotting van ander volke nie. In die laaste tye het hierdie bespotting na ons eie volk se teologiese fakulteit, asook die politiese groepe wat die waarde en belangrikheid daarvan gedurig afgewater het, versprei, met die gevolg dat ons Afrikaner volk meer en meer ons waarde en roeping as ‘n volk verloor het.

Ons is sekerlik nie sonder ons foute nie, en ons godsdiens is oor die laaste eeu deur liberalisme ook baie na dooie godsdienstige rituele eeder as ware verhouding met ons Drie-enige God - Vader, Seun en Heilige Gees, afgewater.

Ek glo dat hierdie die tyd vir ‘n geestelike herlewing in ons volk is, en dat die swaar tye wat ons in die laaste 40 yaar of meer verduur het, en die teenstand van oor die wêreld heen, ons dwing om na ons gelofte aan die God van ons vaders terug te keer. Hierdie boekie is ‘n bemoediging aan ons Afrikaner volk om te weet dat ons wel ‘n belangrike plek in hierdie wêreld, en ‘n unieke Godelike roeping het om te vervul.

gedruk - DIE AFRIKANDER SE PLEK IN DIE VOLKETUIN VAN GOD

R100.00Price
  • Pak van 1 - 12 boeke (2kg) = R60  (+/- R5 per boek)

    Pak van 13 - 30 boeke (5kg) = R80 (+/- R3,00 per boek) 

    Pak van 31 - 80 boeke (10kg) = R120 (+/- R1,50 per boek)

    Pak van 81 - 120 boeke (15kg) =  R180 (+/- R1,50 per boek) 

    Pak van meer as 120 boeke (20kg) = R240 (+/-  R1,50 per boek)

bottom of page