top of page

Die herstel van ALLE dinge is sekerlik die droom of hoop van alle gelowiges. Geen geweld of siekte of lyding of pyn meer nie. Nie meer lieg en bedrieg nie. Geen vrees meer nie. Geen sonde meer nie. Geen dood meer nie. Dit is 'n droom van Utopia. Dit lyk amper asof dit onmoontlik is en nooit 'n werklikheid sal wees nie.

 Die Bybel leer ons dat vir die wat hul vertroue op Jesus stel, hierdie volmaakte toekoms wag.Ek dink nie dit sal moontlik wees om die omvang van hierdie "droom" ten volle te begryp nie. Tog   motiveer hierdie toekoms verwagting ons om enige lyding wat ons ook al mag ervaar, te verduur.

Die Skrif het baie te sê oor die herstel van alle dinge. Die sleutelgedeeltes is dié wat Elia se bediening van herstel aanhaal:

Mal 4:5         “Kyk, Ek stuur vir julle die profeet Elia voordat die  groot en verskriklike dag van YHWH aanbreek.”

Mal 4:6         "En Hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te  kom en die land met die banvloek tref nie."

Matt 17:11   "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elia kom eers en sal alles herstel..."

Mark 9:12    “Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, Elia kom eers om alles te herstel; en tog staan daar van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verag word?”

Daar is aspekte van hierdie herstel wat plaasvind voor die koms van die Here. Daar is ook aspekte wat vervul sal word nadat ons Here teruggekeer het. In “Boek 2 – Koninkryksaad” en Boek 5 – Groot roeping, onwaarskynlike boodskapper,” het ons reeds die leerstellings van 'n geestelike herlewing bestudeer wat VOOR en TER VOORBEREIDING van die Here se wederkoms moet plaasvind. In hierdie boek sal ons konsentreer op die herstel van alle dinge wat moet plaasvind nadat Jesus na hierdie aarde teruggekeer het.

Ek bid dat hierdie studie jou sal inspireer soos geen ander nie, aangesien jou hoop as gelowige op die vaste rots van YHWH se kosbare Woord gebou is.

gedruk - Boek 9 - Koninkryke in konflik

R90.00Price
bottom of page