top of page

In die sesde boekie in hierdie reeks oor “Koninkryke in Konflik, 'n Skarlakenrooi Draad deur die Geskiedenis”, het ons die historiese leer van die vroeë kerkvaders en die latere leer van die hervormers gebruik. Ons het gesien dat die Hervormers eenparig was in die verklaring dat die Romeinse Pouslike heerskappy van die Donker Middeleeue, 'n merkwaardige vervulling van alles wat die Bybel oor die Antichris te sê het, was.

Ons het ook gesien hoe die Roomse Kerk verantwoordelik was vir die dood van sowat 50 miljoen Christene, en sodoende die profesieë vervul het dat die Antichris:

Dan 7:21-22 “… voer oorlog teen die heiliges … en oorweldig die heiliges van die Allerhoogste.”

Ons het opgemerk dat die Antichris, wat uit die ruïnes van die Romeinse Ryk te voorskyn kom, 'n leraar van valse leerstellings sou wees. 'n Grootpraterige, arrogante opeenvolging van manne wat groot en lasterlike woorde teen die Almagtige sou spreek. Hulle het  probeer om tye en wette te verander - selfs doelbewus gepeuter met YHWH se wette. Al hierdie en ander profesieë is deur die historiese,  afvallige Kerk van Rome tydens die Donker Middeleeue vervul. Die Kerk van Rome se krag is finaal gebreek deur die "asem van Sy mond" en wel deur die groot beweging van die Gees van YHWH, gedemonstreer in die groot Hervorming. Tydens die Hervorming het die vurige lering wat die Pous tot die Antichris verklaar het, die hervormers verenig.

As gevolg van die leer van die Hervormers, is miljoene mense aan   Christus bekend gestel, en is derhalwe vervreem van die Romeinse stelsel. Die Romeinse Pous het 'n Jesuïete-priester, Francisco Ribera, opdrag gegee het om die heersende Hervorming deur middel van 'n valse teenleer te ondermyn. Hierdie leerstelling sou die Antichris voorstel as 'n enkele ongelowige. Hy sal sy verskyning in die toekoms maak na 'n sogenaamde wegraping en sal die wêreld regeer sodra Jesus gekom het om Sy heiliges na die hemel weg te neem. Dit sou die beskuldigende Protestantse vingerwysing na die Kerk van Rome effektief neutraliseer. Hierdie Jesuïete-lering wat in 1591 gepubliseer is, het die grondslag gevorm van die leerstelling wat ons nou ken as die futuristiese interpretasie van Bybelprofesie.

Voordat ons kyk na die pragtige beloftes wat verband hou met die eerste opstanding, moet ons die hart van die lering oor die wederkoms van Jesus as Koning verstaan. Die eerste opstanding volg op Jesus se wederkoms. Hierdie waarheid ontbloot die baie vals leringe wat in die Romeinse leer gewortel is. Hierdie futuristiese lering het soveel verwarring onder gelowiges veroorsaak dat baie weier om die onderwerp te bespreek. Tog vorm dit 'n groot deel van ons toekomshoop. Weereens sien ons die teenstrydige koninkryk van duisternis, besig om verwarring onder die gelowiges te saai. Die doel is om  ons weerstand te af te breek deur veral ons Christelike hoop te ondermyn. Die Skrif leer ons duidelik dat sonder hoop daar geen geloof kan wees nie. Geloof is gebaseer op hoop. Dit is dus noodsaaklik dat ons hoop stewig gegrond is op die waarheid van die Woord.

Laat ons dus hierdie lering begin deur sommige van die fondamentele waarhede van geloog en hoop vas te lê. Hierdie beginsels is van ons gesteel is deur valse leringe oor die wonderlike hoop van die eerste opstanding. Die eerste opstanding vind plaas wanneer Jesus terugkeer na hierdie aarde as Koning van die konings en Here van die here. Laat ons dan verstaan ​​wat hoop is, en hoe noodsaaklik dit vir ons Christelike lewens is.

gedruk - Boek 8 - Koninkryke in konflik

R90.00Price
bottom of page