top of page

Daar is honderde Bybelprofesieë oor Abraham en Jakob/Israel. Die doel van hierdie boek is nie om enige spesifieke volk of groep mense bo ander te verhef nie. Die doel is eerder om die planne en doeleindes van YHWH God te ontdek soos wat dit deur ‘n oorvloed profetiese verklarings in beide die Ou en Nuwe Testamente openbaar word.

Wanneer die meedoënlose konflik tussen die koninkryke van lig en duisternis bestudeer word, is dit noodsaaklik om die waarhede van YHWH se noukeurig-beplande doeleindes deur die eeue te verstaan; net so moet ons besef dat daar hewige teenstand is en ‘n geestelike stryd losgelaat word teen enige iets of iemand, teen enige stad of volk wat net lyk asof hulle enigsins aan die waarheid onderworpe is of daarmee saamstem. ‘n Mens kan die gruwelike moorde van ongeveer ‘n half biljoen mense deur die eeue wat aan geloof in die Almagtig verbind was, nie ignoreer nie. Ons staan aan die piek van ‘n woedende geestelike stryd en dit is noodsaaklik dat ons as gelowiges dit moet begryp en ons volgens die Woord van waarheid sal rig. Ons is in hierdie stryd betrokke, of ons daarvan hou of nie.

Tesame met die tema van herstel, is YHWH se handelinge met die volk van Israel by verre die grootste onderwerp van die Bybel ten opsigte van die volume van verwysings daarna. Dit is dus duidelik dat dit ‘n belangrike rol in YHWH se planne en doeleindes vir hierdie wêreld speel – veral vir die eindtyd waarin ons leef.

gedruk - Boek 5 -KONINKRYKE IN KONFLIK

R180.00Price
  • Pak van 1 - 12 boeke (2kg) = R60  (+/- R5 per boek)

    Pak van 13 - 30 boeke (5kg) = R80 (+/- R3,00 per boek) 

    Pak van 31 - 80 boeke (10kg) = R120 (+/- R1,50 per boek)

    Pak van 81 - 120 boeke (15kg) =  R180 (+/- R1,50 per boek) 

    Pak van meer as 120 boeke (20kg) = R240 (+/-  R1,50 per boek)

bottom of page