top of page

 

Tydens ons reise deur Suid-Afrika en veral na die afgeleë dele van die land, word ons dikwels met vrae van gewone mense gekonfronteer wat ietwat tradisioneel in hul Christen geloof is. Van die mees algemene vrae gaan oor die Heilige Gees.

Daar is ‘n duidelike gebrek aan kennis oor die Heilige Gees en ‘n erkenning dat meer oor hierdie aller-belangrike derde Persoon van die drie-enige Godheid geleer moet word. Tog is mense ook skrikkerig vir verhale van oordrewe “kerk” groepe. Toegewyde tradisionele Christene wil nie vasgevang word in vreemde, moontlike duiwelse misleidings nie. Daarom weerstaan hulle dan enige moontlike blootstelling daaraan. Hulle word deur die blote noem van die Heilige Gees afgeskrik.

Tog is daar egter diep in hul menswees ‘n versigte verlange na ‘n geestelike realiteit wat verder as hulle en hul godsdienstige ervaring strek.

My gebed is dat hierdie reeks boeke ‘n deur na die vervulling van daardie verlange sal oopmaak. Ek bid dat u die wonderlike, sagmoedige, liefdevolle, dog intensiewe geheiligde Heilige Gees sal ontmoet; en dat daardie ontmoeting u lewe vir ewig sal verander.

Mag u ook “die Heilige Gees ontvang”.

gedruk - Boek 1 - HEILIGE GEES - Ingang tot die Koninkryk

R90.00Price
  • Pak van 1 - 12 boeke (2kg) = R60  (+/- R5 per boek)

    Pak van 13 - 30 boeke (5kg) = R80 (+/- R3,00 per boek) 

    Pak van 31 - 80 boeke (10kg) = R120 (+/- R1,50 per boek)

    Pak van 81 - 120 boeke (15kg) =  R180 (+/- R1,50 per boek) 

    Pak van meer as 120 boeke (20kg) = R240 (+/-  R1,50 per boek)

bottom of page