top of page

‘n Gedeelte in die Hooglied van Salomo toon hoe verlief die bruid was – hoe sy na haar Bruidegom gesmag het, hoe sy gesoek en gesoek het totdat sy Hom gevind het. Hierdie gedeelte moet ons lei tot die ingesteldheid wat ons harte teenoor ons Bruidegom behoort te hê. Hier is ‘n aanhaling van hierdie kosbare gedeelte.

Hoog 3:1      “Op my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

3:2                “Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

3:3                “Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref. Het julle my sielsbeminde nie gesien nie?

3:4                “Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.”

Let hier op hoe die bruid aan haar Bruidegom vashou. “... ek het hom vasgehou en hom nie gelos ... nie.”  Sou hierdie ‘n beskrywing wees van jou verhouding met Jesus?

Let ook op hoedat die soeke snags (Engelse vertaling: “night after night) plaasgevind het. Sy het nie opgegee toe sy Hom nie dadelik gevind het nie. Sy het uitgegaan en haar soektog na Hom voortgesit. Sy het alles in haar vermoë gedoen, selfs mense wat dalk meer as sy geweet het, gevra om haar te help. Kom ons bestudeer wat so ‘n soektog sou behels en hoe dit sou lyk. Lees gerus ook Hooglied 5:4-16 ter voorbereiding van hierdie gedeelte. Hierdie bruid was smoorverlief op haar Bruidegom.

gedruk - Boek 3 - BESNYDENIS VAN DIE HART

R70.00Price
  • Pak van 1 - 12 boeke (2kg) = R60  (+/- R5 per boek)

    Pak van 13 - 30 boeke (5kg) = R80 (+/- R3,00 per boek) 

    Pak van 31 - 80 boeke (10kg) = R120 (+/- R1,50 per boek)

    Pak van 81 - 120 boeke (15kg) =  R180 (+/- R1,50 per boek) 

    Pak van meer as 120 boeke (20kg) = R240 (+/-  R1,50 per boek)

bottom of page