top of page
GEBRUIK ONDERSTAANDE PYLTJIES OM VOLLE ARTIKEL TE SIEN
Artikels / Articles
Bybelstudie / Biblestudy
DIE UNIVERSITEIT VAN DIE LEWE
Ek het pas ‘n roerende gradeplegtigheid in November 2002 bygewoon waar ‘n aantal onderwysers hul graad verwerf het. Goed-opgeleide Christelike onderwysers sou nou die land ingestuur word om aan kinders se lewens die lig van Jesus te bring.
Dit was ‘n belewenis om jong mense op die verhoog te sien staan en sing, “Ek hoor u roepstem, Here, en ek sal gaan ... ek sal die prys betaal, Here, ongeag hoe groot ...” en, “Here, wanneer U vra, ‘Wie sal my kinders lei,’ sal my antwoord wees, ‘Hier is ek, Here, stuur my."