top of page

“Om te boer was vir my veel meer as om ‘n paar beeste aan te hou,” skryf Henry Jackson, ‘n afstammeling van Zimbabwe sendeling boere. “Dit was om standpunt in te neem vir dit wat reg is.”

Nóg ‘n plaas in Afrika is ‘n weergawe van Jackson se lewensgeskiedenis in Zimbabwe. As ‘n gesinsman, sakeman, boer en Christen predikant in ‘n getraumatiseerde gemeenskap handel Jackson se verhaal oor sy kinderlewe in Rhodesië, die oorlog, ‘n politiese revolusie en oorname van regering deur ‘n kommunistiese regime, asook die gevolglike ekonomiese val van die land. Gedurende die plaasbesettings van die vroeë 2000s toe minstens 4000 boere met geweld van hul plase afgesit is, het hy en sy vrou hulle daaraan toegewy om vir boere wat die verlies van hul plase en lewensonderhoud in die gesig gestaar het, te bedien en boodskappe van bemoediging te stuur.

Jackson se boodskap is aan hewige beproewing onderwerp toe sy eie drome verpletter is. Indringers het by sy plaas opgedaag en hy is later op ‘n valse aanklag toegesluit met die vooruitsig van lewenslange tronkstraf.

gedruk - NOG 'N PLAAS IN AFRIKA

R280.00Price
  • Pak van 1 - 12 boeke (2kg) = R60  (+/- R5 per boek)

    Pak van 13 - 30 boeke (5kg) = R80 (+/- R3,00 per boek) 

    Pak van 31 - 80 boeke (10kg) = R120 (+/- R1,50 per boek)

    Pak van 81 - 120 boeke (15kg) =  R180 (+/- R1,50 per boek) 

    Pak van meer as 120 boeke (20kg) = R240 (+/-  R1,50 per boek)

bottom of page