top of page

Mense vind dikwels dat hulle emosioneel geïsoleerd en eensaam is. Hierdie verlate gevoel van eensaamheid kan soms oorweldigend wees, selfs in die teenwoordigheid van vriende en familie. Die verlange om vriende te hê wat hulle werklik liefhet en omgee, kan jongmense onwillekeurig  na besluite en verhoudings dryf wat dikwels op die lange duur pynlik en skadelik kan wees.

Die begeerte om êrens te behoort – om betekenis in die lewe te hê, betekenisvolheid – is ‘n sterk dryfkrag wat, indien dit nie vervul word nie, iemand na diep depressie en ‘n vieslike put van eensaamheid kan dryf.

So ‘n mens voel dikwels verraai deur die einste mense wat daar behoort te wees om hulle lief te hê, te bekragtig en te lei – hul eie familie – veral hulle ouers. Maar wanneer die familie disfunksioneel is en die ouers hulle eie probleme het, voel die kinders en tieners heeltemal verlore in ‘n wêreld wat nie sin maak nie.

Dit is dan wanneer die jongmens begin smag na verhoudings met mense wat werklik omgee, of na iemand wat liefderyke leiding vir hulle soekende vrae kan gee.

“Hoe moet ek hierdie ding wat hulle die lewe noem, hanteer? Is daar ‘n God? Ek is so verward.” Dit is in hierdie verwarring wat hierdie reeks boeke poog om rigting te gee. Leer om te hoor is die eerste stap in die regte rigting om betekenis in die lewe te vind.

gedruk - LEER HOE OM TE HOOR

R60.00Price
  • Pak van 1 - 12 boeke (2kg) = R60  (+/- R5 per boek)

    Pak van 13 - 30 boeke (5kg) = R80 (+/- R3,00 per boek) 

    Pak van 31 - 80 boeke (10kg) = R120 (+/- R1,50 per boek)

    Pak van 81 - 120 boeke (15kg) =  R180 (+/- R1,50 per boek) 

    Pak van meer as 120 boeke (20kg) = R240 (+/-  R1,50 per boek)

bottom of page