top of page

Vir die voorwoord herhaal ek ‘n gedeelte van die laaste deel van Boek 9 omdat dit as inleiding dien vir hierdie boek, Boek 10. In Boek 9 – Die herstel van alle dinge, het ons Christus se duisendjaar-heerskappy op die aarde behandel. Die tydperk is verseker een duisend jaar soos wat die volgende Skrif aandui. Tydens hierdie duisend jaar-tydperk sal die duiwel en sy demoniese magte, volgens die Skrif, toegesluit wees en sal daarom die aarde se bewoners nie meer kan versoek nie. Die opstand aan die einde van die duisend jaar sal dus die harte van die mense wat teen YHWH en sy volk in opstand kom, openbaar. Die volgende Skrifgedeelte hanteer hierdie onderwerp:

Open 20:3 “... daarna moet hy [die duiwel] dan ‘n kort tydjie ontbind word.”

20:5            “En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie ...”

20:7            “En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;

20:8            “En hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.

20:9            “En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.”

Hierdie klink vreemd. Hier kom Satan nadat hy vrygelaat is en hy mislei weer die nasies. Hierdie gedeelte noem weer die eeue-oue vyand – Gog en sy gealieerdes. Hierdie is duidelik daardie selfde ongelowige nasies wat lewend oorbly, oor wie God met ‘n yster septer sal regeer. Dit wil voorkom asof hulle ‘n tweede kans gegee sal word om te openbaar wat in hul harte aangaan. Die bitterheid het agtergebly ten spyte van die duisend jaar van regverdige en vredevolle heerskappy van Christus.

Of bekering in daardie tyd vir daardie mense wat Armageddon oorleef het en onder Jesus se heerskappy op aarde gaan woon, moontlik sal wees, is nie duidelik in die Skrif nie, behalwe dat die onderrig van sy Woord gevolge moet hê. Dit sou genesing aan die nasies gebring het. Sover ek weet, is die Skrif egter stil oor die kwessie van bekering in hierdie konteks, afgesien van die genesings-aspek en daarom kan ons nie spekuleer nie.

Oor een ding kan ons seker wees, dat daar vir dié wat tot sterwe kom, geen meer kans is om te verander of hulle te bekeer nie. Die Skrif sê:

Heb 9:27 “En net soos die mense bestem is om eenmaal te sterwe en daarna die oordeel.”

gedruk - Boek 10 - Koninkryke in konflik

R100.00Price
  • Pak van 1 - 12 boeke (2kg) = R60  (+/- R5 per boek)

    Pak van 13 - 30 boeke (5kg) = R80 (+/- R3,00 per boek) 

    Pak van 31 - 80 boeke (10kg) = R120 (+/- R1,50 per boek)

    Pak van 81 - 120 boeke (15kg) =  R180 (+/- R1,50 per boek) 

    Pak van meer as 120 boeke (20kg) = R240 (+/-  R1,50 per boek)

bottom of page