top of page

Uit die oorvloed van die hart praat die mond. Dit wat in ons hart is, is ook dit wat by ons mond uitkom.

12:35          “Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.”

Vriende, wat ons in ons hart saai, sal by ons mond uitkom. En wat ons sê, is wie ons word – dit is die rigting waarin ons sal gaan.

Jakobus praat van die tong. Hy sê die tong is soos die roer van ‘n skip. Skepe wat op groot oseanse vaar, wat “deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ‘n baie klein roer net waarheen die stuurman wil” (Jakobus 3:4).

Daardie roer gee rigting aan die skip. Die tong is dieselfde. Wat by ons mond uitkom, gee aan ons lewe rigting. En vriende, wat by die mond uitkom, kom uit die hart. En dit wat daaruit kom, gee aan ons lewe rigting. Wees versigtig wat jy in jou hart plant.

 
 
 
 

eboek - Boek 1 - BESNYDENIS VAN DIE HART

R50.00Price
bottom of page