top of page

In die sesde boekie in hierdie reeks oor 'n Skarlakenrooi draad deur die geskiedenis, het ons die historiese leer van die vroeë kerkvaders en die latere leer van die hervormers gebruik. Ons het gesien dat die Hervormers eenparig was in die verklaring dat die Roomse Pouslike heerskappy van die Donker Middeleeue, 'n merkwaardige vervulling van alles was wat die Bybel oor die Antichris te sê het.

Ons het ook gesien hoe die Roomse Kerk verantwoordelik was vir die dood van sowat 50 miljoen Christene, en sodoende die profesieë vervul het dat die Antichris:

Dan 7:21-22 “… voer oorlog teen die heiliges … en oorweldig die heiliges van die Allerhoogste.”

Ons het opgemerk dat die Antichris, wat uit die ruïnes van die Romeinse Ryk te voorskyn kom, 'n leraar van valse leerstellings sou wees. 'n Grootpraterige, arrogante opeenvolging van manne wat groot en lasterlike woorde teen die Almagtige sou spreek. Hulle het  probeer om tye en wette te verander - selfs doelbewus gepeuter met YHWH se wette. Al hierdie en ander profesieë is deur die historiese,  afvallige Kerk van Rome tydens die Donker Middeleeue vervul. Die Kerk van Rome se krag is finaal gebreek deur die "asem van sy mond" en wel deur die groot beweging van die Gees van YHWH, gedemonstreer in die groot Hervorming. Tydens die Hervorming het die vurige lering wat die Pous tot die Antichris verklaar het, die Hervormers verenig.

As gevolg van die leer van die Hervormers, is miljoene mense aan   Christus bekendgestel, en is derhalwe vervreem van die Roomse stelsel. Die Roomse Pous het 'n Jesuïete-priester, Francisco Ribera, opdrag gegee het om die heersende Hervorming deur middel van 'n valse teenleer te ondermyn. Hierdie leerstelling sou die antichris voorstel as 'n enkele ongelowige wat sy verskyning in die toekoms sou maak ná 'n sogenaamde wegraping en wie die wêreld sou regeer sodra Jesus gekom het om sy heiliges na die hemel weg te neem. Dit sou effektief die beskuldigende Protestantse vingerwysing na hulle neutraliseer. Hierdie Jesuïete-leer wat in 1591 gepubliseer is, het die grondslag gevorm van die leerstelling wat ons nou ken as die futuristiese interpretasie van Bybelprofesie.

Voordat ons na die pragtige beloftes kyk wat verband hou met die eerste opstanding, moet ons die hart van die leer oor Jesus se wederkoms as Koning verstaan. Die eerste opstanding volg op Jesus se wederkoms. Die baie valse leringe wat in die Roomse leer gewortel is, moet dus blootgelê word. Hierdie futuristiese leer het soveel verwarring onder gelowiges veroorsaak dat baie weier om selfs die onderwerp te bespreek. Tog vorm dit 'n groot deel van ons toekomshoop. Weereens sien ons hoe die teenstrydige koninkryk van duisternis verwarring onder die gelowiges saai om ons weerstand te af te breek deur veral ons Christelike hoop te ondermyn. Die Skrif leer ons duidelik dat daar sonder hoop geen geloof kan wees nie. Geloof is op hoop gebaseer. Dit is dus noodsaaklik dat ons hoop stewig op die waarheid van die Woord gevestig is.

Laat ons dus hierdie leer begin deur sommige van die fondamentele waarhede van geloof en hoop vas te lê wat van ons gesteel is deur valse leringe oor die wonderlike hoop van die eerste opstanding. Hierdie eerste opstanding sal plaasvind wanneer Jesus na hierdie aarde as Koning van die konings en Heer van die here terugkeer. Laat ons dan verstaan wat hoop is, en hoe noodsaaklik dit vir ons Christelike lewens is.

eboek - Boek 8 - KONINKRYKE IN KONFLIK, Eerste opstanding & komende koninkryk

R60.00Price
bottom of page