zimtosa
GELOOF EN HOOP
Hoop is aan ‘n belofte geanker. Jy hoop nie op iets wat jy alreeds het nie; jy hoop op iets waarvoor jy ‘n belofte vir die toekoms het. Ons kry die beloftes vanuit die Woord van God, en dit is wat ons hoop gee - daardie beloftes. En dit is aan hierdie hoop dat ons geloof geanker word.